Welkom by ClassroomEducation

Verstaan Graad 7 – 9 Wiskunde in unieke, gekombineerde kursusse

ClassroomEducation tuis

Hoekom moet ek inteken?

Al ons kursusse is geskryf en word aangebied deur wêreldklas vakkundiges. Ons het soveel vertroue in ons produkte dat ons glo dat enigeen wat ons kursusse volg, nie net skool-wiskunde beter sal verstaan nie, maar ook hulle punte sal verbeter. Om hierdie rede bied ons ‘n 30 dae geld-terug waarborg, waar ons jou geld terug betaal indien jy nie volkome tevrede is nie. Vir ‘n eenmalige, klein bedrag kan jy inteken tot die kursus waarin jy belangstel en verkry jy toegang tot daardie kursus vir 3 jaar lank!

Solank jy geregistreer is vir een van ons kursusse mag jy ook aansluit by ons eksklusiewe, private, Facebook groep – waar jy vrae kan vra en deelneem aan besprekings. Jou privaatheid en veiligheid is vir ons baie belangrik en ons het ‘n streng beleid rondom gedrag/optrede en wie by ons private Facebook groep mag aansluit – so kyk asseblief na ons FAQ bladsy.

Ons het ook ‘n normale Facebook blad en ‘n Youtube kanaal, waar ons altyd ook ‘n paar gratis video lesse publiseer, asook unieke video lesse en inhoud wat nie deel vorm van ons betaalde kursusse nie. Dieselfde materiaal is egter altyd eers vroeër beskikbaar op ons eie blog.

Wat maak ons anders?

Ons kombineer altyd drie grade se kurrikulum in een ‘n kursus. Ons unieke benadering om die werk volgens grade te groepeer, help jou om te verstaan waar alles inpas en hoe dit verband hou met mekaar.

Dit is waarom ons ‘n unieke benadering, wat ons noem die Mind Map Relational benadering, of sommer MMR, ontwikkel het. Daardeur kan jy in ‘n oogwink die verband tussen verskillende temas sien.

Die aflaaibare, kleurgemerkte MMR PDF en die hoë resolusie PNG weergawes is beskikbaar in die eerste les van elkeen van ons kursusse.

Watter kursusse is beskikbaar?

Vir Graad 7, 8 en 9 leerders het ons vier kursusse naamlik: “Getalle, Bewerkings en Verwantskappe”, “Patrone, Funksies en Algebra”, “Meetkunde” en “Datahantering”.

Wie moet inskryf vir ons kursusse?

Enigeen ouer as 13 jaar wat graag sy/haar punte en kennis van skool wiskunde wil verbreed moet inskryf vir ons kursusse. Ons kursusse is ook perfek vir tuisskoolleerders, onderskeidingskandidate, voornemende onderwysers en enigeen wat meer oor skool wiskunde wil leer.

Wat sê ander van ons…

Riana van den Berg
Riana van den Berg
Pretoria, South Africa

“Good motivator, caring, passionate, dedicated and determined, are all the words I would use to describe Linda. She helps Joanne find the logic behind the equation to understand instead of just knowing how to do it. If your child struggle with maths, I would definitely recommend Linda.”

Gideon Liversage
Gideon Liversage
Brisbane, Australia

“I bought the Numbers, Operations & Relationships course for my daughter to fill any possible gaps she might have. She is enjoying the lessons and is now positive about mathematics! Thank you Classroomeducation.online.”

Dirk Hanekom
Dirk Hanekom
Pretoria, Suid-Afrika

“ClassroomEducation se kursusse het my al baie gehelp in my studies as voornemende onderwyser. Enige onderwysstudent kan beslis baat by Classroomeducation.online.”

Kan ek die kursus op ‘n mobiele toestel besigtig?

Ja! Ons webwerf en kursusse pas aan by die meeste toestelle en jy behoort met gemak jou kursus te kan volg op jou slimfoon of tablet. Indien jy ‘n iPhone gebruiker is en jy is reeds geregistreer vir enige een van ons kursusse, kan jy selfs van lyn af toegang tot daardie kursus verkry deur die gratis Teachable toep – ‘n van-lyn-af toepassing vir leer, beskikbaar by die App Store.

Wat is die vangplek?

Daar is geen! Geen fynskrif! Al ons kursusse is baie bekostigbaar en kos gewoonlik minder as een maand se individuele ekstraklasse.

Ons het ‘n passie vir onderrig en ‘n passie vir die verstaan van wiskunde. Voeg hierdie twee passies saam en jy kry skool wiskundekursusse deur ClassroomEducation.