Mense. Blink toekoms

ClassroomEducation Wie is ons

“ClassroomEducation is begin om leerders tussen 13 en 18 jaar te help om die geheelbeeld in skoolwiskunde te sien en te verstaan. Met ander woorde, waar pas alles in wat hulle daagliks in die klas of met tuisskool doen en hoe die verskillende onderwerpe verband hou met mekaar. Tog kan enige persoon van enige ouderdom baat vind by ons kursusse, tuis skool leerders, selfs onderskeidingskandidaat leerders asook voornemende onderwysers.”

Linda le Hanie
Linda le Hanie

Linda le Hanie

Onderwysspesialis

Onderrig lê vir Linda na aan die hart – veral wiskunde onderrig. Gedurende die afgelope twee dekades het sy wiskunde onderrig in beide Hoërskool en Laerskool en is sy tans ‘n dosent by SANTS Private Higher Education Institution vir BEd Intermediêre Fase Onderrig. In 2017 begin sy haar tersiêre onderrig loopbaan by die Onderwysfakulteit van die Universiteit van Pretoria (UP) waar sy doseer in Wiskundemetodiek. Sy het ook vroeër jare ondervinding opgedoen as chemie-onderwyser in Britanje en was ook deel van ‘n onderwyser uitruilskema na Duitsland waar sy die onderwyseropleidingsprogram van die BLLV waargeneem het. In 2017 verwerf sy haar MEd graad in wiskundeonderrig (cum laude) aan die Universiteit van Pretoria en is tans besig met haar PhD in wiskundeonderrig.

Linkedin logo