Verhouding en Koers – Verdeel in ‘n verhouding
Verhouding en koers is baie dieselfde waar verhouding die vergelyking is van twee of meer hoeveelhede van dieselfde soort en koers die vergelyking is van twee hoeveelhede van verskillende soorte.
‘n Voorbeeld van koers is R49/100g (R49 per 100 gram). Hoe moet ons te werk gaan om iets in ‘n gegewe verhouding te verdeel? As ons byvoorbeeld 30 lekkers in die verhouding 1:1 moet verdeel, beteken dit dat as die een persoon 1 lekker kry, die ander persoon ook 1 lekker moet kry. As ons dan aanhou om al die 30 lekkers so te verdeel, sal elke persoon 15 lekkers aan die einde hê. Maar, wat doen ons as die verdeling in verskillende hoeveelhede moet wees, soos 2:3? Dit beteken dan dat vir elke twee lekkers wat die eerste persoon ontvang, moet die tweede person drie lekkers ontvang.
Wanneer daar in ‘n gegewe verhouding verdeel word, kan die verhouding uit meer as twee hoeveelhede bestaan, byvoorbeeld as R180 verdeel moet word in die verhouding 1:3:5. Kyk die video om te sien hoe maklik dit is om dit uit te werk.
Please fill in all required fields before submitting.