Die Getallestelsel
Die reële getalstelsel bestaan uit rasionale en irrasionale getalle, en word in hierdie video verduidelik.
Rasionale getalle bestaan uit verskeie getalreekse. Eerstens kry ons natuurlike getalle. Natuurlike getalle begin by 1 en ons kan dit skryf as N = {1; 2; 3; 4; …}.
Dan het ons telgetalle wat uit al die natuurlike getalle bestaan asook nul. Ons kan dit soos volg skryf: No = {0; 1; 2; 3; 4; …}.
Die volgende getalreeks is heelgetalle. Heelgetalle is positiewe en negatiewe getalle, maar dit sluit nie breuke in nie. Die heelgetal getalstelsel word geskryf as ℤ = {…; -2; -1; 0; 1; 2; 3; …}.
Die simbool vir rasionale getalle is Q. Rasionale getalle kan geskryf word as ‘n breuk in die vorm a/b waar a en b heelgetalle is, en b nie gelyk is aan nul nie.
Repeterende desimale getalle maak ook deel uit van rasionale getalle. Nou wat is irrasionale getalle? Irrasionale getalle is nie-repeterende desimale getalle en oneindigende desimale getalle, byvoorbeeld π en √2.