Frequently Asked Questions / Gereelde Vrae

GENERAL QUESTIONSALGEMENE VRAE
1. Are my details safe?1. Is my besonderhede veilig?
2. Will I be able to view the video lessons?2. Sal ek die video lesse kan sien?
3. Why is the website mainly in English?3. Waarom is die webwerf meestal in Engels?
4. Can courses be accessed on a mobile phone?4. Kan ek ‘n selfoon gebruik om toegang te verkry?
5. What if I am unhappy with the course?5. Wat as ek ongelukkig is met die kursus?
ACADEMIC ENQUIRIESAKADEMIESE NAVRAE
6. When does a course start and finish?6. Wanneer begin en eindig ‘n kursus?
7. How long do I have access to a course?7. Hoe lank het ek toegang tot ‘n kursus?
8. Academic email support.8. Akademiese e-pos ondersteuning.
9. Certificates.9. Sertifikate.
10. Name and surname on certificates.10. Naam en van op sertifikate.
PAYMENTSBETALINGS
11. How can I pay, and is it secure?11. Hoe kan ek betaal, en is dit veilig?
12. Payment method 1: PayPal & Cards.12. Betaalmetode 1: PayPal en bankkaarte.
13. Payment method 2: Direct bank transfer.13. Betaalmetode 2: Direkte bankoordrag.
14. Our Bank details14. Ons Bankbesonderhede.
USERSGEBRUIKERS
15. Where do I Login, Register, or access My Account?15. Waar kan ek aanteken, registreer, of toegang verkry to my rekening?
16. Username, Display name, First and Last name.16. Gebruikersnaam, Vertoonnaam, Voornaam en Van.
17. On how many devices can I be logged in simultaneously?17. Op hoeveel toestelle kan ek gelyktydig aangemeld wees?
18. Avatar or Profile picture.18. Avatar of Profiel foto.
SITE NAVIGATIONWEBWERFNAVIGASIE
19. Single Course navigation.19. Kursus navigasie.
20. Course lesson navigation on a desktop or tablet.20. Kursusles navigasie met ‘n rekenaar of tablet.
21. Course lesson navigation on a mobile phone.21. Kursusles navigasie op ‘n selfoon.
LOGIN ISSUESAANMELDINGSPROBLEME
22. Password Attempts and Temporary Account Suspension.22. Wagwoordpogings en Tydelike Rekeningopskorting.
23. Re-enter Login Credentials.23. Hersien Aanmeldings inligting.
24. Try an alternative Email Address.24. Probeer ‘n alternatiewe E-posadres.
25. Check for Multiple Accounts.25. Kyk vir Meervoudige Rekeninge.
26. Reset Your Password.26. Stel jou Wagwoord Terug.
27. Try an Alternative Browser or Device.27. Probeer ‘n Alternatiewe Web-blaaier of Toestel.
28. Clear Your Cache.28. Skoonmaak van jou tussenganger / “cache”.
29. I am stuck. Help!29. Ek sukkel. Help!

General questions / Algemene vrae

1. Are my details safe?

Yes. We take your privacy very seriously. We do not sell, trade or rent a student or user’s personal identification information to others. Please see our Privacy Policy.

1. Is my besonderhede veilig?

Ja. Ons neem jou privaatheid baie ernstig op. Ons verkoop, ruil of verhuur nie ‘n student of gebruiker se persoonlike identifikasie-inligting aan ander nie. Sien asseblief ons Privaatheidsbeleid.

2. Will I be able to view the video lessons?

We’ve invested considerable effort in ensuring that our website and video lessons are accessible and functional worldwide. If you can successfully view and play one of our sample lessons or access a course’s introductory video on your specific device or browser, rest assured that the entire course will work seamlessly on your chosen platform. You’ll have no trouble enjoying our video lessons and accessing the full course content.

If you’re experiencing problems viewing a lesson’s video, we recommend trying a different device or browser, as we have encountered issues on older devices and browsers in the past. Please ensure that you are using the latest browsers. We recommend using the most up-to-date versions of Google Chrome or Mozilla Firefox to log in and access your course.

However, if you still encounter any issue, please don’t hesitate to let us know at info@classroomeducation.online. We’re here to assist you.

2. Sal ek die video lesse kan sien?

Ons het aansienlike moeite gedoen om te verseker dat ons webwerf en video lesse wêreldwyd toeganklik en funksioneel is. As jy een van ons voorbeeld lesse (sample lesson) suksesvol kan sien en speel of toegang tot ‘n kursus se inleidende video op jou spesifieke toestel of webblaaier (browser) kan verkry, wees gerus dat die hele kursus sonder probleme op jou gekose platform sal werk. Jy sal geen probleme ondervind om ons video lesse te kyk en toegang tot die volledige kursusinhoud te verkry nie.

As jy egter probleme ondervind met die kyk van ‘n video les, beveel ons jou aan om ‘n ander toestel of webblaaier te probeer, aangesien ons in die verlede al probleme op ouer toestelle en webblaaiers ondervind het. Maak asseblief seker dat jy die nuutste webblaaier gebruik. Ons beveel aan om die mees onlangse weergawes van Google Chrome of Mozilla Firefox te gebruik.

Indien jy egter steeds enige probleme ondervind, kontak ons asseblief by info@classroomeducation.online. Ons is hier om jou te help.

3. Why is the website mainly in English?

Our website primarily uses English for several reasons. 

  1. Firstly, it significantly enhances website speed, ensuring a seamless user experience for all visitors.
  2. Secondly, we have a substantial number of international students and users. Using English as the principal language on the website allows us to allocate our resources effectively and prioritize providing quality content and support to our diverse user base.

It’s important to note that all our courses and support, on the other hand, are offered in both English and Afrikaans.

3. Waarom is die webwerf meestal in Engels?

Ons webwerf gebruik hoofsaaklik Engels om verskeie redes.

  1. Eerstens, dit verhoog aansienlik die spoed van die webwerf en verseker ‘n beter gebruikerservaring vir al ons besoekers.
  2. Tweedens het ons ‘n aansienlike aantal internasionale studente en gebruikers. Die gebruik van Engels as die primêre taal op die webwerf stel ons in staat om ons hulpbronne effektief toe te ken en die prioriteit te gee aan die voorsiening van kwaliteit inhoud en ondersteuning aan ons diverse gebruikersbasis.

Dit is belangrik om daarop te let dat al ons kursusse en ondersteuning, aan die ander kant, in beide Engels en Afrikaans aangebied word.

4. Can courses be accessed on a mobile phone?

Yes! Our website and courses are responsive and will work on most modern mobile devices. However, the best user experience will be on a desktop computer, laptop or modern tablet.

4. Kan ek ‘n selfoon gebruik om toegang te verkry?

Ja! Ons webwerf en kursusse is responsief en sal op die meeste moderne selfoon-toestelle werk. Die beste gebruikerservaring sal egter wees deur die gebruik van ‘n gewone rekenaar, skoot-rekenaar of moderne tablet.

5. What if I am unhappy with the course?

We would never want you to be unhappy! If you are unsatisfied with your purchase, contact us via email during the first 7 days, and we will give you a full refund.

5. Wat as ek ongelukkig is met die kursus?

Ons sal nooit wil hê dat jy ongelukkig moet wees nie! As jy ontevrede is met jou aankope, kontak ons per e-pos gedurende die eerste 7 dae en ons sal jou ‘n volledige terugbetaling gee.

Academic enquiries / Akademiese navrae

6. When does a course start and finish?

The course starts now and never ends! All our courses are completely self-paced online courses. You decide when you start and when you finish.

6. Wanneer begin en eindig ‘n kursus?

Die kursus begin nou en eindig nooit! Al ons kursusse is heeltemal selfgeleide aanlynkursusse. Jy besluit wanneer jy begin en wanneer jy klaarmaak.

7. How long do I have access to a course?

How does lifetime access sound? After enrolling, you have unlimited access to your course/s for as long as you like. On all devices you own.

7. Hoe lank het ek toegang tot ‘n kursus?

Hoe klink lewenslange toegang? Nadat jy ingeskryf het, het jy onbeperkte toegang tot jou kursus/se vir so lank as wat jy wil. Op enige toestelle wat jy besit.

8. Academic email support.

We endeavour to answer all relevant academic-related questions. We assist students in both English and Afrikaans. Email support’s purpose is not to complete tasks and assignments on your behalf. We guide students to understand topics better and help them when stuck. 

8. Akademiese e-pos ondersteuning.

Ons streef daarna om alle relevante akademiese-verwante vrae te beantwoord. Ons ondersteun studente in beide Afrikaans en Engels. Die doel van e-pos ondersteuning is nie om take en opdragte namens jou te voltooi nie. Ons lei studente om onderwerpe beter te verstaan en help hulle wanneer hulle vashaak.

9. Certificates.

To receive a certificate of completion for each completed paid course, click the “Mark Complete” button at the top and bottom of every lesson. This button is at the top, near the right, and also at the bottom of each video. Download links for certificates will be at the bottom of your My Account page, under the My Courses tab.

9. Sertifikate.

Om ‘n voltooiingssertifikaat vir elke voltooide betaalde kursus te ontvang, klik op die “Mark Complete” -knoppie aan die bokant en onderkant van elke les. Hierdie knoppie is bo-aan, regs en ook onderaan elke video. Aflaai-skakels vir sertifikate sal aan die onderkant van jou My Account / Rekening-bladsy wees, onder die “My Courses” / My Kursusse-tabblad.

10. Name and surname on certificates.

Remember, the First-name and Last-name fields (found at My Account > DashboardAccount details) are the same name and surname to be displayed on your certificates when you complete a course. Please fill in your name and surname as you would like to see them on the certificate.

10. Naam en van op sertifikate.

Onthou, die Voornaam- en Van-veld (gevind by “My Account > DashboardAccount details”) is dieselfde naam en van wat op jou sertifikate sal wys wanneer jy ‘n kursus voltooi. Vul asseblief jou naam en van in soos jy dit op die sertifikaat wil sien.

Payments / Betalings

11. How can I pay, and is it secure?

Yes, our payment systems are safe and secure. We offer two payment methods on our Checkout page. Two methods, because we accept both US Dollars (PayPal and Card payments) and South African Rand (Bank EFT payments). The choice is yours. There is a USD price and ZAR price on all our courses. If you wish to pay by way of a Debit or Credit card and/or PayPal – you will pay the Dollar ($) amount. Everything is very easy and quick, and you will have immediate access to the course as soon as your payment is successfull. If you wish to pay in Rands (R), you can pay by way of an EFT, or bank deposit. There will however be a delay as we will have to manually add you to the course.

11. Hoe kan ek betaal, en is dit veilig?

Ja, ons betalingstelsels is veilig. Ons bied twee betaalmetodes op ons Afrekeningsblad aan. Twee metodes, omrede ons beide Amerikaanse Dollars (PayPal- en kaartbetalings) en Suid-Afrikaanse Rand (Bank EFT-betalings) aanvaar. Die keuse is joune. Daar word ‘n USD-prys en ‘n ZAR-prys op al ons kursusse aangetoon. As jy wil betaal deur middel van ‘n Debiet- of Kredietkaart en/of PayPal – sal jy die Doller ($) bedrag betaal. Alles is baie maklik en vinnig en jy sal onmiddellike toegang verkry sodra jou betaling suksesvol is. As jy in Rand (R) wil betaal, kan jy deur middel van ‘n EFT of bankdeposito betaal. Daar sal egter ‘n vertraging wees, aangesien ons jou self moet registreer.

12. Payment method 1: PayPal & Cards.

You do not need a PayPal account. You can pay with most major Credit and Debit cards, including Visa, MasterCard, Discover, American Express, and more. You can also pay with your PayPal account. Our prices for PayPal payments are in US dollars. When you have completed all details on the Checkout page and paid by way of PayPal, you will receive immediate access to the course/s – as there is no delay. Please take note! We do not store any sensitive bank card details on our servers. Please ensure you have the cardholder’s full permission to pay for the course.

12. Betaalmetode 1: PayPal en bankkaarte.

Jy het nie ‘n PayPal-rekening nodig nie. Jy kan betaal met die meeste groot Krediet- en Debietkaarte, insluitend Visa, MasterCard, Discover, American Express, en meer. Jy kan ook betaal met jou PayPal-rekening. Ons pryse vir PayPal-betalings is in Amerikaanse dollars. Wanneer jy al die besonderhede op die Afrekeningsblad voltooi het en betaal het deur middel van PayPal, sal jy onmiddellike toegang tot die kursus/se kry – omdat daar geen vertraging is nie. Neem asseblief kennis! Ons stoor geen sensitiewe bankkaartbesonderhede op ons bedieners nie. Maak asseblief seker dat jy die toestemming van die kaarthouer het om vir die kursus te betaal.

13. Payment method 2: Direct bank transfer.

Make your South African Rand payment directly into our bank account – please ignore the US$ price, pay the Rand price as indicated on the course’s page. Please use your Order ID as the payment reference. After you have completed all details on the checkout page and have clicked on the “Place order” button – you will be taken to the Thank you page, where you will find your Order ID. There is a delay, as you will be manually added to the course/s you have signed up for once the funds have cleared in our account. It is recommended to also send us an email to confirm your payment.

13. Betaalmetode 2: Direkte bankoordrag.

Maak jou Suid-Afrikaanse Rand betaling direk in ons bankrekening – ignoreer asseblief die US$ prys, betaal die Rand prys soos aangedui op die betrokke kursus se blad. Gebruik asseblief jou “Order ID” / Bestellings-ID as die betalingsverwysing. Nadat jy al die besonderhede op die “Checkout page” / Afrekeningsblad voltooi het en op die “Place order” knoppie geklik het – sal jy na die “Thank you”-bladsy geneem word, waar jy jou “Order ID” / Bestellings-ID bo-aan sal vind. Ons sal jou registreer vir die kursus/se waarvoor jy ingeteken het sodra die fondse in ons bankrekening reflekteer. Dit word aanbeveel om ons ook ‘n e-pos te stuur om jou betaling te bevestig.

14. Our Bank details / Ons Bankbesonderhede.

Account NameZikedish cc
ABSA Account Number4109216718
Account TypeABSA Cheque Business Account
Branch Code632005
ABSA Swift CodeABSAZAJJ

Users / Gebruikers

15. Where do I Login, Register, or access My Account?

On desktops, click on the last main menu item. It is called: Login-Register | Account. You will find it in the top right-hand corner.

On mobile devices when you click on the “burger menu” found in the top right-hand corner, the “Login-Register | Account” link will be the last item on the main menu list. You will not see this “burger menu” on a mobile device when you have one of the courses open. The courses have their “courses burger menu” in the top left-hand corner. When you click on the “courses burger menu”, you will see a menu of the specific course’s lessons. To return to the main course page, click the course’s name. Also, see paragraph 21 below.

15. Waar kan ek aanteken, registreer, of toegang verkry to my rekening?

Wanneer jy ons webwerf besoek met ‘n gewone rekenaar, klik op die laaste hoofmenu-item. Dit word genoem: Login-Register | Account. Jy sal dit in die boonste regterhoek vind.

Op mobiele toestelle, wanneer jy op die “hamburger-menu” kliek wat in die boonste regterhoek gevind word, sal die “Login-Register | Account” skakel die laaste item op die hoofmenu-lys wees. Jy sal hierdie “hamburger-menu” nie sien op ‘n mobiele toestel wanneer jy een van die kursusse oop het nie. Die kursusse het hul eie “kursus hamburger-menu” in die boonste linkerkantste hoek. Wanneer jy op die “kursus hamburger-menu” kliek, sal jy ‘n lys van die spesifieke kursus se lesse sien. Om terug te keer na die hoofkursusbladsy, klik die naam van die kursus. Sien ook paragraaf 21 hieronder.

16. Username, Display name, First and Last name.

When you register on our platform, you will have to choose a usernamePlease take note: Usernames are permanent and can never be changed. Please choose your username wisely and keep it in a safe place. You can either use your username or email address to log in.

Your Display name is different from your username. It can be found and changed on the My Account page under the Account details tab. Your display name show when you comment on a blog post or leave reviews.

Your First and Last names display on your certificates of completion. It can also be found and changed on the My Account page under the Account details tab.

16. Gebruikersnaam, Vertoonnaam, Voornaam en Van.

Wanneer jy op ons platform registreer, sal jy ‘n “username” / gebruikersnaam moet kies. Neem asseblief kennis: Gebruikersname is permanent en kan nooit verander word nie. Kies asseblief jou gebruikersnaam verstandig en hou dit op ‘n veilige plek. Jy kan óf jou gebruikersnaam óf jou e-posadres gebruik om aan te meld.

Jou “Display name” / Vertoonnaam is anders as jou gebruikersnaam. Dit kan gevind en verander word op die My Account / My Rekening-bladsy onder die Account details tab / Rekeningbesonderhede-tabblad. Jou vertoonnaam wys wanneer jy kommentaar lewer op ‘n blog artikel of ‘n resensie agterlaat.

Jou Voornaam en Van word vertoon op jou voltooiingsertifikate. Dit kan ook gevind en verander word op die My Rekening-bladsy onder die Rekeningbesonderhede-tabblad.

17. On how many devices can I be logged in simultaneously?

You can be logged in to our website on two (2) devices or browsers simultaneously, for example, two desktop computers, a desktop computer and a mobile device or two mobile devices. If you try to log into a third device or browser, you will automatically be logged out from your previous sessions.

17. Op hoeveel toestelle kan ek gelyktydig aangemeld wees?

Jy kan gelyktydig op twee (2) toestelle of webblaaie op ons webwerf aangemeld wees, byvoorbeeld twee lessenaarrekenaars, ‘n lessenaarrekenaar en ‘n selfoon, of twee selfone. As jy probeer om op ‘n derde toestel of webblaaier aan te meld, sal jy outomaties van jou vorige sessies afgesluit word.

18. Avatar or Profile picture.

When you are in the course and lesson environment or on your My Account page, under the My Courses tab, you will see a profile picture called an avatar. The default avatar is the “mystery person”. To have your profile picture shown, you can use the free Gravatar service (if you are not using it already). It is a simple process to set up. You can upload your profile picture associated with your email address. Your profile picture associated with your email address will show on our website. You do not need to upload a profile picture. You can still use our website, and everything will work 100%. In the course and lesson environment, your avatar or the “mystery person” avatar will display in the top right-hand corner. When you click on it, a menu will appear with links to important pages. Also see paragraph 21 below.

18. Avatar of Profiel foto.

Wanneer jy in die kursus- en lesomgewing is, of op jou “My Account” / My Rekening-bladsy onder die “My Courses” / My Kursusse-tabblad, sal jy ‘n profiel foto sien wat ‘n avatar genoem word. Die verstek avatar is die ‘misterie persoon’. Om jou eie profielfoto te wys, kan jy die gratis Gravatar-diens gebruik (as jy dit nie alreeds doen nie). Dit is ‘n eenvoudige proses om op te stel. Jy kan ‘n profielfoto oplaai wat geassosieer word met jou e-posadres. Jou profielfoto sal dan op ons webwerf wys. Jy hoef egter nie ‘n profielfoto op te laai nie. Jy kan nog steeds ons webwerf gebruik, en alles sal 100% werk. In die kursus- en lesomgewing sal jou avatar of die ‘misterie persoon’ avatar in die boonste regterhoek wys. Wanneer jy daarop klik, sal ‘n menu verskyn met skakels na belangrike bladsye. Sien ook paragraaf 21 hieronder.

19. Single Course navigation.

When you click on any course from the Courses page, it will open the individual course’s page. You can read more, see the course content, watch free sample lessons and click the “Take this Course” button to enrol (buy the course). When it is a free course, the button will display: “Login to Enroll”. You must first register. When logged in, you can access the specific free course.

19. Kursus navigasie.

Wanneer jy op enige kursus klik by die Kursusse-blad, sal dit daardie individuele kursus se bladsy oopmaak. Jy kan meer lees, die kursusinhoud sien, na gratis voorbeeldlesse kyk en die “Take this Course” -knoppie klik om in te skryf of die kursus te koop. As dit ‘n gratis kursus is, sal die knoppie wys: “Login to Enroll”. Jy moet eers registreer. Wanneer jy dan aangemeld is, kan jy toegang tot die spesifieke gratis kursus kry.

20. Course lesson navigation on a desktop or tablet.

When you open an individual course. Click on any lesson. You will be taken to the lesson environment. The interface will look more or less the same whether you are using a desktop computer or a tablet. However, it will look a bit different when using a mobile phone. Please see paragraph 21 below.

20. Kursusles navigasie met ‘n rekenaar of tablet.

Wanneer jy ‘n individuele kursus oopmaak en op enige les klik, sal jy na die lesomgewing geneem word. Die interaksie lyk min of meer dieselfde, of jy nou ‘n gewone rekenaar of ‘n tablet gebruik. Dit sal egter bietjie anders lyk wanneer jy ‘n selfoon gebruik. Sien asseblief paragraaf 21 hieronder.

21. Course lesson navigation on a mobile phone.

When using a mobile phone – the lesson interface is more compact. The ClassroomEducation logo is not visible in the top left corner anymore. It is replaced with a “courses burger menu”. Click on this burger menu. The specific course’s navigation menu will slide in from the left. Scroll down to search for the lesson you would like to watch and click on it. To exit the lesson environment, click on the “courses burger menu” and the specific course’s name at the top. This will take you to that course’s main page. Once there, all pages can be accessed as normal.

If you are a registered user and logged in, you will see your avatar (profile picture) or a placeholder profile picture in the top right-hand corner. When you click on this, a dropdown menu will appear. You can use this to navigate to important pages on our site. You will not see this avatar/profile picture link when you are a guest and click on one of the sample lessons for example. Then you will have to click on the “courses burger menu” and follow the steps as laid out above to exit the lesson environment.

21. Kursusles navigasie op ‘n selfoon.

Wanneer jy ‘n selfoon gebruik, is die les interaksie meer kompak. Die ClassroomEducation logo is nie meer sigbaar in die boonste linkerkantste hoek nie. Dit is vervang deur ‘n “kursus hamburger-menu”. Klik op hierdie hamburger-menu. Die spesifieke kursus se navigasiemenu sal van die linkerkant af in gly. Rol af om die les te soek wat jy wil kyk en klik daarop. Om die lesomgewing te verlaat, klik op die “kursus hamburger-menu” en die spesifieke kursus se naam bo-aan. Dit sal jou na daardie kursus se hoofbladsy neem. Sodra jy daar is, kan alle bladsye soos normaal benader word.

As jy ‘n geregistreerde gebruiker is en aangemeld is, sal jy jou avatar (profielfoto) of ‘n plekhouer-profielfoto in die boonste regterhoek sien. Wanneer jy hierop klik, sal ‘n menu verskyn. Jy kan dit gebruik om na belangrike bladsye op ons webwerf te navigeer. Jy sal nie hierdie avatar/profielfoto skakel sien as jy slegs ‘n gas is en byvoorbeeld op een van die voorbeeldlesse klik nie. Dan sal jy op die “kursus hamburger-menu” moet klik en die stappe volg soos hierbo beskryf om die lesomgewing te verlaat.

Login issues / Aanmeldingsprobleme

22. Password Attempts and Temporary Account Suspension.

If you enter an incorrect password three times or more, your account will be temporarily blocked for a period ranging from 12 to 48 hours. If you believe this was an error, please contact us with the necessary information, and we will promptly unblock your account if you are a legitimate user.

22. Wagwoordpogings en Tydelike Rekeningopskorting.

As jy drie of meer keer ‘n verkeerde wagwoord insleutel, sal jou rekening tydelik geblokkeer word vir ‘n tydperk wat wissel van 12 tot 48 uur. As jy glo dit was ‘n fout, kontak ons asseblief met die nodige inligting, en ons sal jou rekening oopsluit as jy ‘n geldige gebruiker is.

23. Re-enter Login Credentials.

If you receive an “invalid email or password” error message when attempting to log in, ensure that you’re using the same login credentials you set when you signed up or purchased your course. Check for any spelling errors in the email address or password.

23. Hersien Aanmeldings inligting.

As jy ‘n “ongeldige e-pos of wagwoord” foutboodskap ontvang wanneer jy probeer aan meld, verseker dat jy dieselfde aanmeldings inligting gebruik wat jy ingestel het toe jy aangeteken het of jou kursus gekoop het. Kyk vir enige spelfoute in die e-posadres of wagwoord.

24. Try an alternative Email Address.

Check your email inboxes for sign-up confirmations or purchase receipts to help determine which email address is associated with your account.

24. Probeer ‘n alternatiewe E-posadres.

Kyk na jou e-posinbokse vir aanmeldingsbevestigings, -eposse of aankoopkwitansies om te help bepaal watter e-posadres met jou rekening geassosieer word.

25. Check for Multiple Accounts.

Sometimes, students are not aware that they have created multiple accounts, using different email addresses. If you can successfully login but are unable to locate or access your course, then you may have multiple accounts. Since you’ll only be able to access your course by logging into the account that was used to purchase or enrol in the course, ensure that you are logging into the correct account. If you’re unsure if you’ve created multiple accounts, contact us.

25. Kyk vir Meervoudige Rekeninge.

Dikwels is studente nie bewus daarvan dat hulle meervoudige rekeninge geskep het met verskillende e-posadressse nie. As jy suksesvol kan aanmeld maar nie jou kursus kan vind of toegang daartoe kan kry nie, mag jy dalk meervoudige rekeninge hê. Aangesien jy slegs toegang tot jou kursus kan kry deur aan te meld by die rekening wat gebruik is om die kursus aan te koop of in te skryf, verseker dat jy by die korrekte rekening aanmeld. As jy onseker is of jy meervoudige rekeninge geskep het, kontak ons asseblief.

26. Reset Your Password.

You may be experiencing login issues due to an outdated or invalid password, in which case you may wish to reset your password entirely. To reset your password, complete the following steps:

  1. Go to My Account, under the Login section, click Lost your password?
  2. Enter your email address into the Username or email field and then click Reset password.
  3. If you have an account with us, you’ll receive a notification indicating that reset instructions have been sent to the email address you specified.
  4. Be sure to check your spam or promotions folders if you do not see the reset password email in your inbox.
  5. If you do not have an account associated with that email address, you’ll receive an error message that indicates that your email address is not associated with an account on our website.
  6. If you do not have an account, this indicates that you used another email address to register on our website. If you believe this to be an error, please contact us directly.

26. Stel jou Wagwoord Terug.

Jy mag dalk aanmeldingsprobleme ervaar as gevolg van ‘n verouderde of ongeldige wagwoord, in welke geval jy dalk jou wagwoord heeltemal wil herstel. Om jou wagwoord te herstel, voltooi die volgende stappe:

  1. Gaan na “My Account”, onder die “Login” -afdeling section, klik op Lost your password?
  2. Voer jou e-posadres in die “Username or email” / Gebruikersnaam of e-pos veld in en klik dan op “Reset password”.
  3. As jy ‘n rekening by ons het, sal jy ‘n kennisgewing ontvang wat aandui dat herstel-instruksies na die e-posadres gestuur is wat jy gespesifiseer het.
  4. Maak seker om jou spam- of promosie-folders te kontroleer as jy nie die herstel wagwoord e-pos in jou inboks sien nie.
  5. As jy nie ‘n rekening het wat aan daardie e-posadres gekoppel is nie, sal jy ‘n foutboodskap ontvang wat aandui dat jou e-posadres nie aan ‘n rekening in ons webwerf gekoppel is nie.
  6. As jy nie ‘n rekening het nie, dui dit daarop dat jy ‘n ander e-posadres gebruik het om op ons webwerf te registreer. As jy glo dit is ‘n fout, kontak ons asseblief direk.

27. Try an Alternative Browser or Device.

We recommend using the most up-to-date versions of Google Chrome or Mozilla Firefox to log in and access your course. If you are using an alternative browser, try logging in to your course using one of these recommended browsers.

If you are still unable to log in, try using a different device. For example, if you are using a mobile device (e.g. iPhone, iPad, tablet, etc.), try switching to a desktop computer or laptop.

27. Probeer ‘n Alternatiewe Web-blaaier of Toestel.

Ons beveel aan dat jy die mees onlangse weergawes van Google Chrome of Mozilla Firefox gebruik om aan te meld en toegang tot jou kursus te verkry. As jy ‘n alternatiewe blaaier gebruik, probeer aanmeld by jou kursus deur een van hierdie aanbevole blaaieres te gebruik.

As jy steeds nie kan aanmeld nie, probeer ‘n ander toestel. Byvoorbeeld, as jy ‘n mobiele toestel gebruik (bv. iPhone, iPad, tablet, ens.), probeer oorskakel na ‘n gewone rekenaar of draagbare rekenaar.

28. Clear Your Cache.

Many login issues are browser-related, which is why we recommend that you clear your browser’s cache if you experience issues logging in to your course. When you browse websites online, web browsers store, or “cache”, website data (like images and scripts) as a way to improve your experience. Clearing your web browser’s cache removes these stored assets, and this may help resolve issues with logging in to your course.

28. Skoonmaak van jou tussenganger / “cache”.

Baie aanmeldingsprobleme is verbonde aan jou blaaier, en dit is waarom ons aanbeveel dat jy jou blaaier se tussenganger skoonmaak as jy probleme ondervind om aan te meld by jou kursus. Wanneer jy aanlyn webwerwe deursoek, stoor webwerwe data (soos beelde en skripte) as ‘n manier om jou ervaring te verbeter. Deur jou blaaier se tussenganger te skoonmaak, verwyder jy hierdie gestoorde bates, en dit mag help om probleme met aanmelding by jou kursus op te los.

29. I am stuck. Help!

If you are ever stuck somewhere on our website, click on our logo in the top left corner, and you will go back to the Home page. The only time that our logo is not visible is when you are on a mobile phone and are busy accessing a course’s lessons (please see 21 above). Then you will see a “courses burger menu” in the top left corner. Click on this burger menu. The specific course’s navigation menu will slide in from the left. You must click on the course’s name at the top, and it will take you to that course’s main page. From here, all other pages can be accessed again. If you need any further assistance, please contact us at info@classroomeducation.online

29. Ek sukkel. Help!

As jy ooit vashaak, enige plek op ons webwerf, klik op ons logo in die boonste linkerkantste hoek, en jy sal terugkeer na die Tuisblad. Die enigste keer wat ons logo nie sigbaar is nie, is wanneer jy op ‘n selfoon is en besig is om toegang tot ‘n kursus se lesse te kry (sien asseblief 21 hierbo). Dan sal jy ‘n “kursus hamburger-menu” in die boonste linkerkantste hoek sien. Klik op hierdie hamburger-menu. Die spesifieke kursus se navigasiemenu sal van die linkerkant af in gly. Jy moet op die kursus se naam bo-aan klik, en dit sal jou na daardie kursus se hoofbladsy neem. Van hier af kan alle ander bladsye weer normaal benader word. As jy verdere hulp nodig het, kontak ons asseblief by info@classroomeducation.online

Scroll to Top