Finansiële Wiskunde – Wisselkoers
Aangesien koers die vergelyking is van twee hoeveelhede van verskillende soorte, kan ons die beginsel van koers toepas om wisselkoers te bereken. Wisselkoers is wanneer jy een land se geld wil ruil of wissel vir ‘n ander land se geld. Byvoorbeeld, as daar ‘n wisselkoers is van R13,95 vir $1, kan jy R10 000 wissel vir omtrent $716.85. Wees ook op die uitkyk vir ons volgende videos oor verhouding en koers as jy nie mooi kan onthou hoe om koers te bepaal nie.