Huurkoop
Huurkoop is die ooreenkoms om duur goedere te koop en waar jy gewoonlik ‘n deposito betaal. Daarna betaal jy die saldo met rente in maandelikse paaiemente af. Kom ons kyk na ‘n scenario waar jy ‘n kar ter waarde van R500 000 wil koop en ‘n deposito van 10% gee. Die rentekoers is 13% per jaar (enkelvoudige rente) vir ‘n tydperk van 6 jaar. Wat gaan jou maandelikse paaiement wees?
Eerstens moet jy die deposito van R500 000 aftrek om ‘n bedrag van R450 000 te kry. Rente word nou op hierdie bedrag gehef. Bepaal dan die aantal maande in 6 jaar en bereken die maandelikse paaiement.
Kyk na hierdie video vir nog voorbeelde.

