Vermenigvuldiging en Deling van Heelgetalle
Het jy al ooit gewonder hoekom 3 x -2 = -6? Of met ander woorde, hoekom ‘n positiewe heelgetal vermenigvuldig met ‘n negatiewe heelgetal se antwoord ‘n negatiewe heelgetal is?
Miskien het jy ook al gewonder waarom ‘n negatiewe heelgetal vermenigvuldig met ‘n negatiewe heelgetal se antwoord ‘n positiewe heelgetal is, soos –3 x -3 = 9.
As dit die geval is, is hierdie video net die een om na te kyk. Ons glo dit is belangrik om te verstaan hoekom jy ‘n ding doen, en dat jy nie net reëls en formules moet toepas sonder dat jy weet waarom jy dit so doen nie. In hierdie video word hierdie tema breedvoerig verduidelik.
Please fill in all required fields before submitting.