|

Vermenigvuldiging van desimale getalle

Spread the word...

Wanneer jy desimale getalle met veelvoude van 10 moet maal (bv. 10, 100 en 1 000)|, moet nie net dadelik die “komma skuif” nie. Verstaan eers wat jy doen. B.v. 1,12 x 100. Jy kan 1,12 skryf as 112 honderdstes (as ‘n gewone breuk) en wanneer jy 112/100 met 100 maal, “kanselleer” die 100s mekaar uit. Die som kan ook gesien word as 112 x 100/100 en daarom sal die antwoord 112 wees. Met ander woorde, wanneer jy met ‘n veelvoud van 10 vermenigvuldig, skuif die komma van die antwoord dieselfde aantal spasies na regs as die hoeveelheid nulle wat daardie veelvoud van 10 het.

Wanneer jy ‘n som soos 0,4 x 0,12 het, moet jy ook daaraan dink as 4 tiendes maal met 12 honderdstes en dan die stappe volg soos hierbo verduidelik. Daar is egter ‘n korter metode wat jy kan gebruik. Kyk die video om die korter metode te leer. Jy moet egter onthou dat jy altyd moet verstaan HOEKOM jy sekere stappe toepas om die antwoord te bepaal. Moet nie net metodes volg wat jy nie verstaan nie.


    Spread the word...

    Leave a Reply

    Your email address will not be published. Required fields are marked *