Koers is die vergelyking van 2 hoeveelhede van verskillende soorte. Byvoorbeeld, as jy hoenderfillette koop teen ‘n koers van R54/kg, beteken dit dat jy R54 moet betaal vir 1 kg hoenderfillette. Wanneer jy 2,5 kg hoenderfillette wil koop teen daardie prys, moet jy 2,5 keer die R54 betaal.

Koers kan ook gebruik word om motors se brandstofverbruik aan te dui. Byvoorbeeld, die een motor het ‘n brandstofverbruik van 9 liter per 100 km, terwyl die ander motor ‘n brandstofverbruik het van 12 km per liter. Hoe kan jy bepaal watter motor is die mees ekonomiese? Beide koerse moet op dieselfde manier geskryf word. Dit kan jy doen deur die aantal kilometers te bereken wat elke motor met 1 liter brandstof kan ry. Kyk gerus die video om te sien hoe ons dit verduidelik.

Please share this post...

Newsletter Updates

Subscribe to our newsletter for the newest math education videos and articles—no spam, just great content!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *