|

Bepaal KGV en GGF met priemfaktore

Hoe kan jy die KGV van twee groot getalle soos 36 en 225 bepaal? Met behulp van daardie getalle se priemfaktore. Wanneer jy 36 skryf as ‘n produk van priemfaktore, sal dit 22 x 32 wees en 225 as ‘n produk van priemfaktore sal 32 x 52 wees. Hoe bepaal jy dan nou die KGV? Die KGV kry jy deur die hoogste mag van elke priemfaktor met mekaar te maal, naamlik 22 x 32 x 52 en dit is 900. Met ander woorde, wanneer jy die veelvoude van 36 skryf en jy skryf die veelvoude van 225, sal die getal 900 die eerste veelvoud wees wat by beide getalle voorkom.

Om die GGF aan die anderkant te bepaal, gebruik jy ook die priemfaktore van die oorspronklike getalle, maar nou moet jy die laagste mag van elke gemeenskaplike priemfaktor met mekaar vermenigvuldig. In die voorbeeld van 36 en 225, is die gemeenskaplike priemfaktor 3 en sy laagste mag is 32 wat vir jou ‘n GGF van 9 gee.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *