Wanneer jy hierdie video kyk sal jy sien dat mens aan heelgetalle kan dink soos die op en af beweging in ‘n hysbak. As jy op beweeg, is die teken positief en as jy af beweeg is die teken negatief. Wanneer ons die hysbak-voorbeeld 90 grade kloksgewys roteer, is dit soortgelyk aan ‘n getallelyn waar ‘n regs beweging positief is en ‘n links beweging negatief is.
Heelgetalle kan soos volg genoteer word: ℤ = {… -3; -2; -1; 0; 1; 2; 3; …} Watter getal is die kleinste tussen -3 en -5? Die -5 is kleiner as die -3 aangesien dit meer links op die getallelyn lê. Dit is verder weg van die positiewe deel van die getallelyn. As jy daaraan dink in terme van die hysbak voorbeeld, dan is 5 vloere onder grondvloer laer as wat 3 vloere onder grondvloer is. Kyk gerus die video vir die volledige verduideliking.