Vermeerdering en vermindering in ‘n gegewe verhouding
Wanneer hoeveelhede vermeerder word in ‘n gegewe verhouding, soos die vermeerdering van R16 in die verhouding 5:4, gebruik ons die metode om die hoeveelheid te deel deur die kleiner getal van die verhouding, in hierdie geval die 4, en dan te maal met die groter getal van die verhouding, in hierdie geval die 5.
Dus, wanneer R16 vermeerder word in die verhouding 5:4, kan ons dit soos volg doen: R16 ÷ 4 x 5 = R20. Maak net seker dat die antwoord wel groter is as wat die oorspronklike hoeveelheid was, aangesien dit ‘n vermeerdering was.
Wanneer hoeveelhede in ‘n gegewe verhouding verminder word, maak ons gebruik van dieselfde metode, maar om seker te maak daar vind wel ‘n vermindering plaas, moet die hoeveelheid met die groter getal van die verhouding gedeel word en dan met die kleiner getal van die verhouding gemaal word om ‘n kleiner antwoord te kry.
Please fill in all required fields before submitting.